Swakop werk hard aan behuising

Die nasionale behuisingsonderneming, die stedelike ontwikkeling-ministerie en die Swakopmund munisipaliteit het onlangs 119 huise in die dorp oorhandig. Die munisipaliteit sê die projek is ‘n voorbeeld van wat uitgerig kan word wanneer instellings saamwerk. Die munisipaliteit sê hulle moet voortgaan om behuisingslewering te prioritiseer, om volhoubare gemeenskaps- en stedelike ontwikkeling te verseker. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Linda Mupupa, die Swakopmund-munisipaliteit se woordvoerder, wat kommentaar lewer.