Swakop vergader vanmiddag met polisie

Die inwoners van Swakopmund word herinner aan die vergadering wat vanmiddag om half-ses by die Veeldoelige Sentrum plaasvind. Misdaad word bespreek en die polisiehoof, luitenant-generaal Joseph Shikongo sal daar wees. Kosmos 94.1 Nuus het met hoofinspekteur Ileni Shapumba van die Erongo-polisie gepraat.