Swakop Uranium keur werkers se loonverhogings goed

Swakop Uranium het salarisverhogings vir hul werknemers goedgekeur. Die myn het ‘n kontrak van drie jaar vir salarisverhogings van onderskeidelik 5,8 en 5,5 persent per jaar vir alle werknemers in die bedingingsgroep onderteken. Die verhogings geld van 1 Januarie tot 31 Desember 2025. Daar is ook ooreengekom dat die belasbare en nie-pensioendraende behuisingsvoordele op werknemers in die bedingingseenheid van toepassing sal wees. ‘n Bykomende afhanklike sal ook by die huidige mediese fonds se afhanklike limiet gevoeg word, wat die totale lidmaatskap van die hooflid, gade en vier kinders insluit.