Swakop se strategiese plan tot 2027, vandag bekend

Die Swakopmund Munisipaliteit sal vandag sy strategiese plan vir 2022 tot 2027 by sy hoofkantoor bekend stel. Die hoogtepunte van die plan sal deur die munisipaliteit se uitvoerende hoof, Archie Benjamin, gelees word. Die munisipaliteit sal ook hul nuwe logo, handelsmerk en handelsmerkkleure bekendstel. Kosmos 94.1 Nuus het met die munisipaliteit se woordvoerder, Linda Mupupa, gepraat.