Swakop-munisipaliteit help behuising aan
In ‘n vasberade stap om die behuisingskrisis die hoof te bied, het die Swakopmund-munisipaliteit verlede jaar aangekondig dat 805 inwoners van die DRK-nedersetting in Swakopmund erwe as skenkings van die munisipaliteit ontvang. Hierdie is ‘n deurslaggewende stap in die kusdorp se pogings om behuising aan meer as 22 000 inwoners te verskaf. Die inwoners het magtiging gekry om baksteenstrukture te bou en aansoek te doen vir elektriese verbindings met Erongo Red. Linda Mupupa, Swakopmund munisipaliteit se woordvoerder, het die besonderhede.