Swakop-munisipaliteit betreur verkeerde inligting

Die Swakopmund-munisipaliteit het onlangs besighede en inwoners versoek om hul munisipale rekeninge te vereffen of hul kantore te besoek om betalingsreëlings te tref. Ongelukkig is verneem dat sommige individue en buurt-komitees hierdie inisiatief teenstaan deur die verspreiding van verkeerde inligting om ondersteuning van lede van die gemeenskap te werf. Die dorpsraad sê sy missie is om veilige, doeltreffende, betroubare en bekostigbare dienste sowel as infrastruktuur, insluitend huise, aan al die inwoners van Swakopmund te verskaf. Linda Mupupa, skakelbeampte van Swakopmund deel meer met Kosmos 94.1 Nuus…

Mupupa verskaf meer inligting oor die huidige projekte wat daarop gemik is om behuising, veiligheid, sanitasie en welstand van die Swakopmund-gemeenskap te verbeter.