Swakop loop kant en wal wes van Okahandja

Die Swakoprivier tussen die Von Bach-damwal en Swakoppoort het vir die eerste keer die seisoen geloop. Volgens Freddie Koch wat na aan Gross Barmen aan die weste van Okahandja boer was daar ‘n wolkbreuk. Sy foto’s en video’s is wyd op sosiale media versprei. Koch het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.