Swakara berei voor vir Helsinki-veiling

Die pelsindustrie regoor die wêreld is onder druk en so ook die plaaslike Swakara, Die internasionale markte het ‘n algemene afname , veral tydens Covid, in die vraag na pels gesien. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Jaco van Zyl, bestuurder van Swakara, wat ‘n opdatering gee. Hy sê die maatskappy maak gereed vir ‘n veiling op 10 Maart in Helsinki.