Swak verbruikersbesteding sal voortduur

FNB Namibia verwag dat swak verbruiksbesteding sal voortduur gegrond op verskeie ekonomiese aanwysers, soos stygende inflasie en rentekoerse, hoë onveilige krediet-opnamegroei, hoë vlakke van skuld en swak residensiële eiendomspryse. Alhoewel huishoudelike verbruik in 2022 veerkragtig gebly het, is FNB Namibië se ekonoom Ruusa Nandago van mening dat die sloerende impak van hoë inflasie en rentekoerse huishoudelike verbruik op die agtervoet sal hou. Inflasie het afgeneem van sy hoogtepunt van 7,3 persent tot 6,3 persent in Mei. Nandago sê verbruikers sal besteding verskuif van nie-noodsaaklikhede soos vermaak na noodsaaklikhede soos kos, en die terugbetaling van skuld.