Swak rand gaan brandstofpryse opjaag

Brandstofpryse sal môre bekend gemaak word en volgende week Woensdag 7 Junie in werking tree. Volgens die ministerie van myne en energie se woordvoerder Andreas Simon sal die brandstof-hersieningskomitee môre vergader om die brandstofpryse te bespreek. Intussen versterk die Amerikaanse dollar teen die Suid-Afrikaanse rand wat nou op 19 rand 64 sent staan. Die swak rand gaan egter nog hard slaan. Kosmos 94.1 Nuus het aan die bekende Suid-Afrikaanse ekonoom Dawie Roodt gevra of hy verwag dat olie- en brandstofpryse in die komende maande gaan styg.