Swak implementering van wette? Die wette self is dalk die probleem…
Justisie-minister Yvonne Dausab het by ‘n onlangse Nedbank gespreksessie beklemtoon dat Namibië sterk beleide en wetlike raamwerke het, maar die land sukkel met die implementering daarvan. Sy sê die sleuteluitdaging was nog altyd om hierdie raamwerke in werking te stel. Kosmos 94.1 Nuus het met politieke ontleder dr. Marius Kudumo gepraat, wat sê die probleem lê dalk by die beleide self.