Swak geestesgesondheid nie teken van swakheid
Wêreld Geestesgesondheidsdag word vandag herdenk en het ten doel om bewustheid van geestesgesondheidskwessies te verhoog, en ondersteuning vir geestesgesondheidsinisiatiewe te mobiliseer. Geestesgesondheid is ‘n fundamentele mensereg, en gereelde tragiese gebeure in Namibië, insluitend ses gerapporteerde selfmoorde oor ‘n enkele naweek, beklemtoon die dringende behoefte om geestesgesondheidsuitdagings aan te spreek. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die sielkundige berader Cinde-Lee Koopman, van Geluk Psychology Services, oor die oorsake van swak geestesgesondheid.
Koopman sê dit is belangrik om te besef dat geestesgesondheid-kwessies nie ‘n teken van swakheid is nie.