SuperSport gaan Afrikabeker-toernooi uitsaai

Sokker: SuperSport het die regte bekom om al 52 wedstryde van die Afrikabeker-toernooi uit te saai nadat ʼn kommersieel haalbare ooreenkoms met die regtehouers, New World TV, beklink is. Die pronkstuk van die vasteland word van Saterdag tot die 11de van aanstaande maand deur Ivoorkus aangebied. Die besturende direkteur van New World TV, Nimonka Kolani, sê om die regte te bekom bewys niks is belangriker nie as die geluk van Afrikane wat graag die vordering van hulle gunsteling span wil dophou gedurende die grootste sokkerkompetisie in Afrika.