‘Superrugby swakker, SA spanne beter’ na swaai na Europa

Rugby: Die legendariese All Black-senter Ma’Nonu glo Suid-Afrika se vertrek uit Superrugby het nie net die land bevoordeel nie, maar ook die kompetisie benadeel ten opsigte van gehalte en opwinding. Die suidelike halfrond se voorste klubtoernooi is beskou as ‘n leier, maar word nou finansieel oorskadu deur Europese kompetisies. Nonu glo Frankryk se Top 14, die Verenigde Rugbykampioenskap en die Premierskap is nou voor Super Rugby Pacific, en sê Suid-Afrika het die boerpot gewen in Europa omdat sy spanne aanhou verbeter.