Super/Man palm eerste toekennings in
Super/Man: The Christopher Reeve Story het al ses kategorieë waarin hy by die Critics Choice-dokumentêre toekennings benoem is, gewen. Dit sluit in beste redigering en beste dokumentêre fliek, waar dit gelykop was met Will and Harper van Netflix. Sugarcane, wat vanjaar met agt die meeste benoemings ontvang het, het twee gewen: vir beste politieke dokumentêr en beste dokumentêr oor ware misdade. The Last of the Sea Women en Simone Biles Rising het ook twee toekennings elk gewen. Die beste geskiedkundige dokumentêr is The Greatest Night in Pop.