Super Kings begin hulle Premierliga-verdediging

Die Chennai Super Kings begin die verdediging van hul Indiese Premierliga-titel met ‘n nuwe kaptein nadat die Indiese veteraanspeler, MS Dhoni, die leierskap oorhandig het aan sy landgenoot Ruturaj Gaikwad. Dhoni was sedert 2008 CSK se kaptein, behalwe vir ‘n kort tydperk in 2022, toe Ravindra Jadeja vir agt wedstryde oorgeneem het. CSK en Mumbai Indians deel die rekord van vyf IPL-titels elk. CSK kom vandag te staan teen die Royal Challengers Bangalore met Faf du Plessis as kaptein, in die openingswedstryd van vanjaar se kompetisie.