Super Giants gereed vir Sunrisers se vuurkrag

Krieket: Sunrisers Eastern Cape en Durban’s Super Giants speel vandag op Nuweland in Kaapstad in die eerste kwalifiseerder van die SA20. Hierdie twee spanne se spelpeil is die beste in Seisoen Twee, met die verdedigende kampioen, Sunrisers, wat hulle neus met een punt voor die Super Giants gekry het vir die boonste plek op die punteleer. Kaptein Keshav Maharaj sê die Super Giants is deeglik bewus van die uitdaging om regstreeks te kwalifiseer vir Saterdag se eindstryd op Nuweland.