Sunrisers EC vier eerste SA20-seisoen oorwinning

Krieket: Sunrisers Eastern Cape se kolwer, Jordan Hermann, sê persoonlike doelwitte wat bereik word, het slegs betekenis as die span wen. Hy het die Sunrisers na hulle eerste oorwinning in die tweede SA20-seisoen gelei toe hulle MI Cape Town met vier lopies op Nuweland verslaan het. Die 22-jarige Hermann het ʼn indrukwekkende honderdtal aangeteken en die besoekers het 202 vir twee op die telbord geplaas. Die tuisspan is daarna beperk tot 198 vir vyf. Hermann sê hy is tevrede met sy spel.