Sunak word ondersoek vir vrou se aandele in sorgsentrum

Die Britse eerste minister, Rishi Sunak, word ondersoek vir die beweerde versuim om sy vrou se aandeelhouding in ‘n kindersorg-onderneming te verklaar. Die ondersoek word gedoen deur die Parlement se Standaardekommissaris, Daniel Greenberg, ingevolge die gedragskode vir parlementslede. Daar word berig die ondersoek hou verband met aandele wat Sunak se vrou, Akshata Murty, besit in ‘n kinderversorgings-onderneming wat kan baat by ‘n beleid wat in die begroting aangekondig is. Sunak se kantoor sê hulle help graag met die ondersoek.