Sunak sê dis te vroeg om Rusland te blameer vir Nova Kakhova

Die Britse eerste minister Rishi Sunak sê dit is te vroeg om te bepaal of Rusland wel verantwoordelik is vir die ramp by die Nova Kakhova-dam in Kherson in die Oekraïne. Maar, hy voeg by dat dit wel die patroon van Russiese aggressie in die land pas.