Sunak sê daar’s meer realistiese manier om klimaatteikens te bereik

Die Britse eerste minister Rishi Sunak sê hy sal nie ingee teenoor aktiviste wat meen sy regering moet vinniger optree teen klimaatsverandering nie. Hy sê daar is ‘n manier om by zero-uitlatings te kom sonder dat dit huishoudings, wat reeds onder erge druk is, duurder uitwerk. Hy sê daar is ‘n realistiese manier om klimaatteikens te bereik.