Sunak sal aanpassings aan Rwanda-plan maak

Die Verenigde Koninkryk se eerste minister, Rishi Sunak, sê hy sal nuwe noodwetgewing instel om te bevestig dat Rwanda ʼn veilige land vir asielsoekers is. Dit volg nadat die hooggeregshof die regering se planne verwerp het om mense wat asiel soek na Rwanda te deporteer. Volgens die hof loop asielsoekers gevaar om weer gedeporteer te word en staar moontlik vervolging in hulle tuislande in die gesig. Sunak sê sy regering werk ook aan ʼn nuwe internasionale verdrag met dié Oos-Afrikanasie om die regters se kommer aan te spreek: