Sunak onder skoot oor D-dag-herdenking

Die Britse eerste minister, Rishi Sunak is onder skoot omdat hy die D-dag-herdenking in Frankryk vroeg verlaat het. Wêreldleiers was byeen vir die 80ste herdenking van die Geallieerde magte se landing in Normandië tydens die Tweede Wêreldoorlog. Veterane wou weet hoekom Sunak nie een middag kon gee vir mense wat hul lewens opgeoffer het nie, met selfs sy minister van Veterane, Johnny Mercer, wat dit ‘n fout genoem het. Sunak het om verskoning gevra en gesê hy gee om vir veterane. Hy het gerugte ontken dat hy van plan was om die geleentheid heeltemal mis te loop.