Sunak maak groot beloftes

Beide die Tories en die Arbeidersparty is druk besig met hul veldtogte met kiesers wat op 4 Julie in die Verenigde Koninkryk sal stem. Die Tories is ver agter in alle peilings maar, premier Rishi Sunak sê hy sal tot op die laaste baklei. Die Nasionale Gesondheidsdiens, wat uitdagings in die gesig staar, is een van die brandpunte wat Sunak sê nou aangespreek sal word, veral met opleiding.