Sunak loop deur oor behuisingskrisis

Brittanje blyk om ‘n behuisingskrisis te hê. Nie net is daar ‘n tekort nie, daar is ook hewige kostes daaraan verbonde om ‘n huis te koop. Met die heersende inflasie in die land, en hoë rentekoerse is dit ook uiters moeilik vir normale huishoudings om ‘n woning van hul eie te bekom – nes die geval plaaslik is. Die leier van die Britse Arbeidersparty, Keir Starmer, was weer op sy stukke toe hy die kwessie in die huis aangespreek het.