Sunak fokus op grenssekerheid in verkiesingsmanifes

Die Britse eerste minister en leier van die Konserwatiewe Party, Rishi Sunak, fokus in die party se verkiesingsmanifes veral op grenssekerheid. Volgens Sunak is die doel daarvan om ‘n einde te bring aan onwettige immigrasie, en bote te verhinder om die Engelse Kanaal oor te steek. Daar was tot dusver vanjaar reeds ‘n rekordgetal van 10 448 oorvaarte en Sunak het bevestig deportasievlugte vir onwettige immigrante sal in Julie begin. Hy onderneem om immigrasie te halveer en benadruk die belangrikheid van grenssekerheid in die Verenigde Koninkryk.