Sumatra steier onder oorstromings, grondstortings
Die dodetal na blits-oorstromings en grondstortings op die Indonesiese eiland Sumatra het tot 21 gestyg, met ses mense wat nog vermis word. Daar word berig, stortreën het Donderdag gelei tot die ramp in Wes-Sumatra, met meer as 75 000 mense wat hulle huise moes ontruim. ‘n Plaaslike amptenaar sê ‘n dorpie teen ‘n heuwel in die Sutera-subdistrik is swaar getref, met ongeveer 200 families in die gebied wat afgesny is na ‘n grondstorting, gevolg deur fratsvloede. Reddings- en soekspanne, van ongeveer 150 mense, werk onverpoos.