Suiwelprodusente in Otjozondjupa, daar’s bystand beskikbaar

Die landbouministerie het sy melkwaardeketting-ontwikkelingskema vir vanjaar bekendgestel en teiken in die eerste fase 45 produsente in die Otjozondjupa-streek. Die doelwit is om die bedryf, wat sukkel met produksiekostes en invoere, te ontwikkel en te ondersteun. Subsidies sal aan produsente betaal word met 60 persent se hulp vir koeie, 50 persent vir medisyne en voer en 65 persent vir toerusting en konstruksie. Fondse is reeds by die streekskantore gereed om gebruik te word en moet teen einde Maart benut word.