Suider-Afrika sal baie traag groei

Die Afrika-ontwikkelingsbank voorspel ‘n verlangsaming in die ekonomiese groei van Afrika, met die reële bruto binnelandse produk wat vanaf vier-persent verlede jaar na verwagting vanjaar tot 3,4 persent sal daal, met ‘n gedeeltelike herstel tot 3,8 persent volgende jaar. Volgens die bank is politieke onbestendigheid, swak globale groei en hoë rentekoerse die sleutelfaktore wat bydra tot die afwaartse aanpassing. Die verhoogde wêreldpryse weens Rusland se inval in Oekraïne belemmer Afrika se herstel. Belemmerende rentekoerse sedert verlede jaar beïnvloed internasionale toegang tot skuld, met Suider-Afrika wat as gevolg van beurtkrag vanjaar die laagste groei teen 1,6 persent kan verwag.