Suider-Afrika Jeugwerkswinkel oor handel duur môre voort

Die tweedaagse Suider-Afrika Jeug-werkswinkel oor die Afrika Kontinentale Vryhandelsgebied-ooreenkoms Protokol oor Vroue en Jeug in Handel, duur môre voort. Dit word deur die Namibiese handelsministerie in samewerking met die jeugministerie en die Nasionale Jeugraad aangebied. Die doel van die werkswinkel is om vroue en jeug se toegang tot ekonomiese geleenthede op nasionale en streeksvlakke te verbeter. Elijah Mukobonda, woordvoerder van die handelsministerie het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat…