Suide is koud, en te droog
Die winter het sy opwagting in Namibië gemaak met die sentrale dele wat vanoggend begin koud kry het en oor die volgende dag of twee nog kouer sal raak. In die verre Suide, het die naweek se kouefront reeds Vrydag sy opwagting gemaak en volgens Dolf de Wet, wat naby Grünau op plaas Michberg boer, hoop hulle vir reën omdat dit so droog is.