Suide-damme is oorlopens toe vol

Volgens die Hidrologiese Dienste van Namibië is die Suide-damme oorlopens toe vol. Die Nauteda was vanoggend 104,1 persent vol en die Neckartaldam is 102,8 persent vol en loop oor. Die Hardapdam se vlak het vanoggend op 71,7 persent gestaan en die Swakoppoortdam op 97 persent. Die dienste maan ook oor die vlakke van die Zambezi- en Okavangoriviere wat bo-normaal is en besig is om vinnig te styg.