Suid-Korea skort militêre ooreenkoms met Noord-Korea op

Die Suid-Koreaanse president, Yoon Suk Yeol, het die militêre spanningsverligtingsooreenkoms van 2018 met Noord-Korea volledig opgeskort na ‘n bombardement van ballonne gevul met rommel. Die ooreenkoms is onderteken toe verhoudinge hartliker was, maar was nutteloos aangesien Seoel dit verlede jaar gedeeltelik opgeskort het nadat die Noorde ‘n spioenasie-satelliet gelanseer het. Volgens sekerheidsamptenare in Seoel verhinder die Noorde se uitlokkende optrede hulle om hulleself te beskerm nadat sowat ‘n duisend ballonne vol rommel verlede week oor die grens gestuur is.