Suid-Korea onbeïndruk oor Putin en Kim se kuier
Suid-Korea het Rusland se ambassadeur in Seoel vanoggend ontbied om te protesteer teen ‘n verdedigingsooreenkoms wat deur president Vladimir Putin en Noord-Korea se Kim Jong Un onderteken is. Seoel het Rusland sterk aangemoedig om onmiddellik militêre samewerking met Noord-Korea te staak en aan Veiligheidsraad-resolusies te voldoen. Dit kom twee dae nadat Putin en Kim ‘n omvattende strategiese vennootskap-ooreenkoms onderteken het.