Suid-Afrikaners neem weer foto’s by Grootfontein militêre basis

Suid-Afrikaners is weer by die Grootfontein militêre basis in hegtenis geneem nadat hulle na bewering foto’s in die militêre sone geneem het. Die egpaar is gearresteer vir die oortreding van die Verdedigingswet wat die fotografie van ‘n militêre basis verbied. Na bewering het hulle in ’n grys Ford Ranger die weermagbasis binnegegaan en foto’s van die weermag se inligtingsbord met hul selfone geneem. Die verdagtes is deur die militêre personeel gesien en die saak is by die polisie aangemeld. Die Namibiese polisie het die verdagtes na die polisiestasie vir ondervraging in die teenwoordigheid van die weermag-personeel geneem. Die vroulike verdagte is 60 jaar oud, terwyl die man 65 is. Hulle sal na verwagting hierdie week in die Grootfontein-landdroshof verskyn. Hul paspoorte dui aan dat hulle Namibië op 5 Junie as toeriste binnegekom het en na verwagting op 29 Junie na Suid-Afrika sou terugkeer. Nog ‘n Suid-Afrikaanse egpaar is in Junie verlede gearresteer omdat hulle militêre toerusting by dieselfde militêre basis geneem het.