Suid-Afrikaners moet versigtig bestee met brandstofprys wat styg

FNB-ontleder Ester Ochse het verbruikers gemaan om hulle uitgawes te besnoei te midde van hoër brandstofpryse. Die bank vrees dat die druk op begrotings verder sal vererger met verhoogde brandstofuitgawes, wat voertuig- en openbare vervoerkoste ook negatief sal raak. Sy maan, dit sal waarskynlik lei tot hoër produk-pryse, druk op verbruikersinflasie en op koopkrag. In weerwil van die bykomende uitdagings, verwag FNB dat die rand ná die verkiesing sal versterk, en dat laer inflasie, en laer rentekoerse kan volg, wat besteebare inkomste in die tweede helfte van die jaar moontlik kan bevorder: