Suid-Afrikaners moet, van môre af, aanlyn belasting indien

Belastingbetalers in Suid-Afrika word, nes hier, aangeraai om gebruik te maak van die Inkomstediens se aanlyn stelsel. Terwyl Namibiërs reeds teen 30 Junie hul opgawes ingedien het, begin die buurland se belastingseisoen môreaand agt-uur. Hierdie tydperk sal voorsiening maak vir voorlopige en nie-voorlopige belastingbetalers sowel as trusts om hul inkomstebelasting-opgawes in te dien. ‘n Belastingkenner, André Bothma, sê die diens se stelsel het deur die jare meer doeltreffend geword: