Suid-Afrikaners meer positief oor finansiële vooruitsigte

Suid-Afrikaanse verbruikers het toenemende optimisme uitgespreek oor hulle finansiële toekoms. Dit is waarskynlik beïnvloed deur ‘n laer inflasiekoers en onveranderde rentekoerse. Volgens Deloitte se Consumer Signals-verslag gebruik verbruikers kostebesparende maniere om die stygende lewenskoste teen te werk. Die verbruikersbedryf-leier by Deloitte Afrika, Rodger George, sê Suid-Afrikaners raak meer positief oor die land se ekonomiese groei: