Suid-Afrikaners in Moskou veilig

Suid Afrika se Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking het ook die aanval in Moskou veroordeel. Aanvallers het die Crocus-stadsaal bestorm en op die skare geskiet voordat hulle die lokaal aan die brand gesteek het. Die departement se woordvoerder Clayson Monyela het die veiligheid van Suid-Afrikaanse ambassadepersoneel en studente bevestig. Suid-Afrika betuig ook sy medelye met die families wat deur dié aanval  geraak is.