Suid-Afrikaners gaan soek liefde oorsee
‘n Opname deur die Flight Centre-reisgroep het bevind 63-persent van Suid-Afrikaners reis oorsee op soek na liefde. Nieu-Seelanders is tweede, op 59-persent. Flight Centre in die buurland se besturende direkteur, Euan McNeil, meen Suid-Afrikaners se avontuurlustige gees en toeganklikheid dra by tot hierdie neiging. Hy sê die wêreld se uiteenlopende kulture en landskappe is die ideale omgewings om betekenisvolle verhoudings te smee.