Suid-Afrikaner skuldig aan Alaska-moorde

’n Suid-Afrikaner maak internasionale nuus-opslae om die verkeerde redes. Brian Steven Smith is skuldig bevind aan die moord op twee inheemse vroue van Alaska. Hy is gevang nadat die polisie grusame beeldmateriaal op sy selfoon gekry het van een van die moorde. Die beeldmateriaal is na ‘n geheuekaart gekopieer en by die polisie ingehandig deur ‘n vrou wat dit uit sy vragmotor gesteel het. Smith het later erken dat hy die ander vrou, wie se lyk deur die polisie verkeerd uitgeken is, vermoor het.