Suid-Afrikaner met kripto-bates? Jan Taks soek jou…
Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens het kommer uitgespreek oor belastingbetalers wat nie kripto-bates en -handel in hul belastingopgawes verklaar nie. Daar was ʼn aansienlike toename in Suid-Afrikaners se gebruik van verskeie digitale geldeenhede. Meer as 5,8-miljoen Suid-Afrikaners het ʼn kripto-bate en Suider-Afrika spog met die grootste Bitcoin-besit in die wêreld. SARS-kommissaris Edward Kieswetter sê om kripto-nakoming te verseker, verbeter hy die ouditspanne se vermoë om toepassingsinisiatiewe te ondersteun.