Suid-Afrikaanse rand kry wind van voor

Goud verhandel reeds ‘n geruime tyd bo die 2 000 Amerikaanse dollar-kerf per fynons en die Amerikaanse dollar het met amper 6 persent versterk terwyl die rand verder verswak het en op die oomblik bo 19 teen die Amerikaanse geldeenheid verhandel. Intussen het President Cyril Ramaphosa hom opgeruk en meen Suid-Afrika is steeds onpartydig en neutraal in die oorlog en verwerp aantygings dat hy Rusland ondersteun. Daar blyk om geen onmiddellike verligting te wees nie veral met dreigende beurtkrag-fases van nege en hoër tydens die komende winter. Kosmos 94.1 Nuus het met die Suid-Afrikaanse ekonoom Chris Hart gesels.