Suid-Afrikaanse NV-lede stem môre oor grondonteiening

Suid-Afrikaners sal binnekort weet of die eiendomsklousule in die Grondwet gewysig gaan word om voorsiening te maak vir die onteiening van grond sonder vergoeding. Die Grondwet se 18de wysigingswetsontwerp sal Dinsdag voor die Nasionale Vergadering ter tafel gelê word. Die ad hoc komitee wat Afdeling 25 van die Grondwet gewysig het, het die wetsontwerp in sy verslag in Augustus aangeneem. Om suksesvol aangeneem te word, moet ‘n twee-derde meerderheid ten gunste daarvan stem.