Suid-Afrika val terug op ekonomiese vryheidslys

Die 2023 Economic Freedom of the World-jaarverslag wys Suid-Afrika het tot op 94 gedaal, een plek swakker as verlede jaar. Die verslag maak gebruik van data van meer as 165 lande om objektiewe en vergelykbare maatstawwe van ekonomiese vryheid te bied. Die Vryemarkstigting se beleidshoof, Martin van Staden, sê Suid-Afrika het deurgaans gedaal namate die regering al hoe meer verkeerde beleide ingestel het: