Suid-Afrika oorweeg nuwe Covid-19-regulasies

Die Suid-Afrikaanse minister van Gesondheid, Joe Phaahla, sê ‘n verbod op
interprovinsiale en internasionale reise is ‘n moontlikheid as deel van die buurland se
regering se risiko-aangepaste strategie. Daar is nog nie uitsluitsel oor die saak nie, want
nog vergaderings word die naweek gehou.Botswana se Departement van Gesondheid
is intussen besig om mense op te spoor wat in kontak was met vier buitelanders wat
positief vir die nuwe variant van Covid-19 getoets het. Die toeriste het die buurland
vroeër die maand binnegekom en is by hulle vertrek ‘n paar dae later vir die virus
getoets. Genoom-volgorde-bepaling het bevestig hulle monsters is van die nuwe
variant, Omikron. Die departement sê in ‘n verklaring alle kontakte wat sover opgespoor
is, het geen simptome van Covid-19-getoon nie en het negatief getoets.