Suid-Afrika moet verstaan hy het ryk geword op Sacu – ekonoom

Die wrywing in Sacu is steeds in die nuus. Hubertus Hamm, voorsitter van die Namibiese Akkerbouraad, sê daar is ‘n behoefte aan ‘n hersiening van die ooreenkoms om dringende handelsuitdagings aan te spreek. Hamm beklemtoon dat hervormings nodig is om te verhoed dat enige enkele lidstaat buite verhouding waarde onttrek, wat die streek se ekonomiese balans ondermyn. Hy sê sleutelbepalings, insluitend die tariefraad, nywerheidsbeleid, inkomstedelingsmeganisme en tribunaal, is verwaarloos, veral deur Suid-Afrika. Reaksie is ontvang van die Unam-ekonoom, dr. Omu Kakujaha-Matundu.