Sudan-weeshuis loop deur, 50 kinders en babas reeds dood

Minstens 50 kinders, onder wie 24 babas is die afgelope ses weke sedert die oorlog in middel-April in Sudan uitgebreek het, by ‘n kinderhuis dood. Dr. Abdeer Abdullah sê die kinders by die staatsbeheerde kinderhuis Mygoma in Khartoem het weens ‘n gebrek aan voldoende personeel om vir hulle te sorg, aan ernstige wanvoeding en ontwatering beswyk. Daar was ook pasgebore babas by die mediese kliniek op die grondvloer van die kinderhuis wat ‘n hoë koors ontwikkel het en gesterf het. Wanvoeding, ontwatering en infeksies word as die hoof-oorsake van die sterftes genoem.