Sudan op die rand van ineenstorting

Die sekretaris-generaal van die VN, Antonio Guterres, het sy noodlenigingshoof, Martin Griffiths, na Sudan gestuur te midde van wat hy as ‘n ongekende situasie beskryf. Die land se strydende faksies het aanhou veg, in weerwil van ‘n 72-uur-skiet-stilstand. In ‘n afsonderlike verklaring sê Griffiths, Sudan se humanitêre situasie bereik nou breekpunt. Noodsaaklike middele word al hoe skaarser en mense sukkel om kos, water en brandstof te kry. Meer as 500 mense is reeds dood en tienduisende het gevlug sedert gevegte meer as drie weke gelede uitgebreek het.