Sudan-krisis brei uit, 1 miljoen binnelands ontwortel
Sudan se krisis blyk om te vererger. Die Verenigde Nasies het aangekondig ongeveer 843 mense is dood met ‘n miljoen wat binnelands ontwortel is en 250 000 wat Sudan se grense oorgesteek het sedert die konflik op 15 April uitgebreek het. Die woordvoerder van die VN se hoëkommissaris vir Vlugtelinge, Matthew Saltmarsh, het in Genéve met die media gepraat. Hy sê meer as 58 miljard Namibiese dollar is nodig vir dringende bystand binne die land en aan dié wat oor die grense gevlug het, omdat die helfte van Sudan se bevolking humanitêre hulp nodig het.